Something New And Online IS HERE!

Capitol Cinemas bied met trots aan in samewerking met I-Line Films & Bathale Media die digitale vrystelling
van die Johnny Taute rolprent BLOUWYN.

Ons is ge-eerd om aan te kondig dat hierdie LOCKDOWN ons die geleentheid gebied het om ‘n nuwe manier
van fliekwys aan te bied vir ons kykers. Ons hoop dat julle hierdie nuutjie gaan geniet.

SYNOPSIS

Blouwyn is die Romantiese komedie-drama verhaal van Sonja Poerstamper, (Liza du Toit) ‘n werklose aktrise, wat besluit om haar tweeling suster se posisie as pastoor oor te neem (vir ‘n rukkie) op die Weskus-dorpie, Philidelphia. Sy oorreed haar beste vriend, Lukas Winterbach (Renier Weideman) om haar te help in die misdaad om as pastoriepaar op te tree. Op die pad ontmoet sy vir John Steyn, ‘n digter wat haar sy lewensverhaal vertel asook van sy liefde vir ‘n vrou vir wie hy ‘n digbundel skryf. Hy verwys na die vrou in sy boek as Blouwyn.

Maar gou besef Sonja dit is ook ‘n sinoniem vir intimiteit. Sonja en Lukas word gou ingetrek in die weefsel van die gemeente en veral in die lewens van Katryn en Souffie Appolis, haar medewerkers terwyl haar eie huisgesin stry met haar ma (Madelein Poerstamper) se dubbele mastektomie en die verlies aan intimiteit in haar huwelik met Pastoor Anthonie Poerstamper. Sonja word gevolg deur haar narsisitiese eks-man wat dreig om haar rol as pastoor te ontbloot wanneer tragedie die gemeenskap tref en Sonja moet ineens verantwoordelikheid neem vir haar aksies.

Blouwyn is ‘n blik op ons lewens en pragtig verfilm in die Weskus dorpies Philidelphia en Yzerfontein.

BLOUWYN TRAILER

 

TICKET

SALES

NOW

OPEN

BLOUWYN MUSIC VIDEO

HOW THIS WORKS: Purchase a ticket for R28. The film will be available to watch from the 26 June 2020, and can be viewed on one single device as many times as you like for 12 hours from the time you watch it for the first time.

The details to watch the movie will be sent to you via email closer to the time.

COMING SOON

All rights reserved © 2019 Capitol Cinemas. Designed by Clickmode